2021

2021

Die Heuwels Fantasties se nuwe vrystelling 2021 is amper soos ’n fotoalbum, sê Pierre Greeff en Hunter Kennedy. Hulle vertel aan Apple Music dat wanneer hulle eerlik skryf, werk dit vir hulle, en dat nostalgie beslis ’n faktor is. “As mens ’n song luister, dan weet jy exactly waar jy op daardie stadium was, waaroor jy gevoel het.” DHF is ouer en wyser en volgens hulle voel dit of daar iets op elkeen van hulle vorige albums is wat bydra tot hierdie een. “Dinge waarmee ons op Okay! geëksperimenteer het, voel asof dit nou geïnkorporeer word, en klanke van Wilder as die wildtuin en die song saam met Arno (Carstens) klink vir ons soos iets van die eerste album.” Hunter sê hulle wou ‘n “classic (nie die genre) album” uitbring en die songs is presies dit en funksioneer as emosionele karweiers. Hy is trots op 2021 en hou van die album. Pierre reken dit werk van die eerste snit tot die laaste een as ‘n eenheid saam. “Ek dink as jy ‘n Heuwels-fan is, is daar definitief iets vir jou.” Pierre het die skildery deur die Suid-Afrikaanse kunstenaar Michael Amery - van ‘n boom met piramides - vir die album-omslag verskaf. Mis oor die see (feat. Arno Carstens) Pierre: “Ek wou nog altyd ‘n Heuwels-song saam met hom Arno gedoen het. Groot fan van sy vocal prowess, veral hoe hy in Afrikaans klink. Ek dink hy het ‘n amazing ding daar beet. En hierdie was toevallig die eerste song wat ons vir die album geskryf het. Gewoonlik, as ons enige collaborator vra om deel te wees van ‘n song, is dit omdat ons voel die song kan doen met daai spesifieke kunstenaar se energie.” Hunter: “Arno het ‘n klomp stront gemunch daar oor die mic en baie daarvan het dit tot die song gemaak. Dit is wat ek love daarvan.” Ons moet leef (feat. Ampie) Hunter: “Die song spreek soortvan vir homself en waaroor dit gaan. Ampie is ook iemand saam wie ons al gewerk het. Dis maar net ‘n tjommie wat ons in die musiekindustrie gemaak het. Dit is nogals toevallig, want hierdie song was obviously nie geskryf met hierdie hele Covid-affêre in gedagte nie. Maar dis interessant hoe mense dit als relevant vind. Jy weet, daai positiewe boodskap van ons MOET lewe.” Plekkie in die son (feat. Early B) Pierre: “Ons saksofoonspeler Hiram Koopman was in Spanje saam met Jeremy Loops op toer en het ’n voice note van ‘n klein riffie ons kant toe gestuur. He was just sitting there on a rock next to the Med en ek het so half inspirasie van daai akkoord uitgewerk. Ons wou eintlik al lankal ‘n track saam met Early doen. Deur die maak van die album het ons ‘n paar beats ge-back and forth met hom en gehoor of hy dit voel. Hierdie is die een wat gestick het.” Hunter: “In Early se opname, ek dink dis die eerste keer wat hy actually sing, het hy daai klein deeltjie - Anita love meisie – ge-nail. Dit was nogals cool om te check. Ek het nie geweet hy gaan dit doen nie. So dit was actually nogals ‘n cool vibe.” Naweek (feat. Jack Parow) Pierre: “Dié beat het ook lank by ons gelê. Dit altyd ge-love, hierdie throw back sound. Niks het aanvanklik daarvan gekom nie, selfs hier in die pylvak. Toe het Hunter een oggend daarmee gesit en daai hele eerste ‘Naweek’-refrein uitgewerk. Toe was dit ‘n no-brainer om die foon op te tel en vir Parow te kry om te feature.” Lieg net vir my Pierre: “Dit was eers net klavier en vocal voordat hy sy baadjie gekry het wat hy nou het. Dit klink actually vir my so klein bietjie American. Dit is vir my ‘n firm favourite.” Kan iemand my hoor (feat. TJ Terblanché) Pierre: “TJ is lankal ‘n groot tjommie. Hy het al baie van ons songs help opneem en is ’n kranige studio ingenieur. Ek dink dit was net ‘n kwessie van tyd voor ons ’n song sou saam doen. Die song is in ‘n uur deur Fred (den Hartog) opgeneem en Fred het al die instrumente gespeel. Hy het net vir ons gesê ‘chill julle buite, ek gaan ingaan en gou iets opneem’. Toe ons terugkom, was daar die hele instrumental track met kitare en drums en alles. And we didn’t have any lyrics whatsoever. Ek het daai session net so vir TJ gestuur asook ‘n klein vocal melody as beginpunt.” Ek mis jou (feat. Tarryn Lamb) Pierre: “Dis ook een van my gunstelinge op die album. Ons is groot fans van haar en wat sy op die mic kan doen. Dit was ’n uitvloeisel van ’n vriendskap wat gesmee is.” Hunter: “Ons het aanvanklik ’n chorus gesoek vir ’n track waaraan ons gewerk het. Die lirieke kom van ‘n idee wat ons vir ‘n voice note gehad het. Ons wou al lank saam met Tarryn werk, veral om daai R&B vibe te bring, en ek dink dis iets anders vir haar ook.” Vat my saam Pierre: “Die song se lyrics het ek al lankal net so op my foon as ’n note gehad. Ek het die kitaar weer in die pylvak van die recording opgetel. Jy sal hoor my seuntjie lag op die actual opname. Die kitaar wat jy hoor is met my selfoon opgeneem. Dit is amper autobiographical in die sin dat dit is hoe ek voel, right now! Dis eintlik net ’n snapshot van gevoelens.” Mejuffrou Sonneblom Hunter: “Ek het die Billboard Top 100 uitgecheck en net die song titles vertaal en toe lirieke rondom dit uitgekak. To be completely honest, dit was aanvanklik ‘Jy is my sonneblom’. Fred dink altyd sulke simpel name uit vir die liedjies en toe noem hy dit ‘Mejuffrou Sonneblom 2009’. Toe verander ons actually die lirieke om dit in te pas en nou is dit hierdie karakter wat bestaan.” Kom na my toe (feat. Johnny de Ridder) Pierre: “Johnny was terug op die been na sy (oor)operasie. Hy was nog nie rerig so keen om voor die rekenaar in te spring en produksie te doen nie. Maar hy was gereeld voor die klavier besig. Ons het so klein ideetjie gehad wat ek en Hunter by ons studio begin het en het toe vir hom ‘n voice note gestuur. Hy’t daai hele stuk uitgewerk op klavier en toe het ons dit klaar ge-workshop. So dit is featuring Johnny de Ridder want vir ‘n verandering is hy meer ’n musikant in ons band as die producer van die song.” Jy stel my teleur Hunter: “Dis die eerste song wat klaar was. Om dit heeltemal klaar te kry, ek dink, is so half wanneer die song rég voel. Wanneer almal thumbs up gee, is dit reg om gemix te word.” Min worries (feat. Francois van Coke) Pierre: “Ek kan onthou ons het in ons studio in die Kaap gesit probeer dink aan ’n track om te skryf. What does the album need? Ek dink dit was een van die vrae wat ons gevra het, want dis een van die laastes wat geskryf is.” Hunter: “Ons het maar daar gestaan op die fire escape en met die woorde opgekom.” Pierre: “En Frannie (Francois van Coke) was besig om langsaan op te neem.” Hunter: “Vir my is dit so half daai young, dumb and broke college tipe klank. Tematies is dit om van onder te begin, om by die middel uit te kom; dis maar ons middle age wat ons tref.” Bly by die huis Pierre: “Hierdie is nou ‘n lekker lockdown storie. Daar was so ander interlude wat op die album sou wees. Ek moes klomp vocals van die album ook hier by die huis klaar maak met ‘n mikrofoon wat ek geleen het. Maar Fred was klaar in isolasie en hy moes daai interlude klaarmaak by die huis. Hy het besluit die interlude wat ons gehad het wat uit die studio gekom het, voel nie reg nie en hy gaan iets anders maak. Hy het dit soos in ‘n aand create as ‘n outro vir die album. Ek dink dit sit nogal lekker.” Hunter: “Ons het ‘n Zoom meeting opgeneem en hy het maar net daai audio gevat en gebruik.” Doin’ it right (feat. Pierre Pressure) [Bonus Track] Pierre: “Ons het ook nie lekker geweet wat om hiermee te doen nie. Toe sê ek vir die ouens ons moet dit vir Pierre Pressure stuur om te kyk of hy dit kan uitfigure. Hy het basically ons song ge-remix, maar hy het dit in so ’n goeie way gedoen, dat ons gevoel het hy is meer ’n ‘featuring artist’ op die track. Ek dink hy het ’n amazing job gedoen. Dis ons eerste liedjie wat geheel en al in Engels is.” Leja (Live at Francois van Coke en Vriende 2019, Pretoria) [Bonus Track] Pierre: “Leja is ’n massive song van ons. Daai performance by Frannie en vriende het vir my rêrig gevoel soos ‘n awesome oomblik in ons loopbaan – so met Johnny op klavier en die hele groter band op stage. Toevallig was daar ’n opname daarvan en ek is seker dit is iets wat mense sal wíl hoor en weer kan beleef.”

Other Versions

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada